De Wet, Elizabeth, Pastoor Beyers van Rooyen, Annelize en Caroline

Beyers het sy  skooljare in Pretoria voltooi, waarna hy ingeskryf het by die Berea Teologiese Kollege te Irene vir sy eerste jaar afstandstudie. Weens onvoorsiene omstandighede moes hy sy studies egter kortknip.

In 1991 skryf hy in by die Youth for Christ Church in SA se Teologiese Kollege en voltooi sy teologiese opleiding. Hy is  hy in Augustus 1994 georden as leraar van dié Beweging. Pastoor Beyers het ‘n drie jaar kerkleierskap- lisensiaatdiploma suksesvol afgelê en ‘n sertifikaatkursus in "Basic Course in Theology" van die Universiteit van  Pretoria voltooi waar hy al sy vakke met onderskeiding geslaag het.  Sy eerste gemeente in die beweging was te Drie Riviere in die Vaal Driehoek.

In 1996 aanvaar hy 'n beroep na die AGS-Gemeente te Volksrust waar hy verantwoordelik was vir die jeug in die gemeenskap en die musiek van die gemeente tydens die aanddienste. In 1998 het hy sy bediening verder uitgebrei as rondreisende prediker, en hy het die gemeentes van die PPK-, AGS-kerke en Youth for Christ bedien. Gedurende die tydperk is hy ook verkies tot die voorsitter van die Youth for Christ Church in SA (hy tree tans as voorsitter deeltyds op vir die beweging).  

Gedurende 2003 ontvang hy ‘n uitnodiging van die VEK -gemeente Groblersdal om spesiale dienste vir die gemeente te bedien, die gemeente beroep hom in persoon as leraar van die gemeente. In Januarie 2004 word hy eers geplaas in die gemeente deur die VEK Mpumalanga streek bestuur, en verlaat hy die onafhanklike en rondreisende bediening vir die voltydse bediening van die VEK-gemeente Groblersdal. In Junie 2006 restoureer hy die plaaslike gemeentegeboue van die VEK Groblersdal tot die nuwe gebou soos ons dit nou sien.

In Oktober 2009 het  die gemeente  deel geword van die Kruisgenerasie netwerk.  Jul 2013 verlaat hy die voltydse bediening by die VEK Groblersdal gemeente na 10 jaar voltyds, tans fokus hy om die Liggaam van Christus te bedien in die krag van die Heilige Gees dat die kerk 'n groter rol het as om net getalle te versamel en finansies maar dat siele meer belangrik is op die markplein soos die groot opdrag van Christus gaan en maak dissipels.

Die Beyersgesin bestaan uit  vier kinders 'n seun (17)en drie dogters (12, 5, 3) en saam dien hulle met volle oorgawe die Here. BedieningHerderlik / administratief / berading en jeugleierskap waarin hy betrokke is by jeugorganisasies soos die One Way Groep.

Past Beyers se Geestelike gawes: Sterk profeties, genesings, geloof en geestelike temperament – sy strewe  is om die stem van God duidelik te hoor en so te wandel. Hy het ‘n  passie vir stukkende en verlore siele om hulle terug te wen tot op die plek waar hulle God se stem kan onderskei en kan groei in die realiteit dat hulle belangrik is in God se oë. 

Hy strewe na eenheid oor denominasiegrense en die waarheid van God se Woord,  een Liggaam van Jesus Christus, want eenheid bring salwing. Pastoor Beyers bedien graag ook op uitnodiging  gemeentes van verskeie denominasies, jeugkampe, manne- en vrouekampe. ons doel moet wees om die jeug, wat die nuwe generasie is, toe te rus as leiers vir die volgende generasie.